Chapters ▾ 2nd Edition

4.9 Git on the Server - Derdeparty-gasheuroplossings (Third-Party Hosting Solutions)

Derdeparty-gasheuroplossings (Third-Party Hosting Solutions)

As jy nie al die werk wil doen wat gepaard gaan met die opstel van jou eie Git-bediener nie, het jy 'n aantal opsies om jou Git-projekte te laat huisves (host) op 'n eksterne webwerf wat hom hierop toespits. As jy dit doen, bied dit jou 'n aantal voordeel: 'n gasheerwebwerf (hosting site) is oor die algemeen vinnig opgestel en dit is maklik om projekte daarop te begin, en geen bedienerinstandhouding of -monitering is nodig nie. Selfs al stel jy jou eie interne bediener op en laat dit loop, wil jy dalk steeds 'n openbare gasheerwebwerf vir jou oopbronkode (open source code) gebruik — dit is oor die algemeen makliker vir die oopbrongemeenskap om jou te vind en daarmee te help.

Vandag het jy 'n groot aantal gasheeropsies waaruit jy kan kies, elk met verskillende voor- en nadele. Vir 'n onlangs opgedateerde lys, kyk gerus na die GitHosting-bladsy van die hoof Git-wiki by https://git.wiki.kernel.org/index.php/GitHosting

Ons sal die gebruik van GitHub in groot detail in GitHub bespreek, aangesien dit min of meer die grootste Git-gasheer is wat daar is en jy waarskynlik in elk geval in aanraking sal kom met projekte wat daar gehuisves word; maar daar is nog tientalle waaruit jy kan kies as jy nie jou eie Git-bediener wil inrig nie.