-
1. Aan die slag
- 1.1 Oor Weergawebeheer
- 1.2 Wat is Git?
- 1.3 Die Opdragreël
- 1.4 Git Installeer
- 1.5 Git klaarmaak vir eerste gebruik
- 1.6 Hulp Verkry
- 1.7 Opsomming
-
2. Git Basics
-
3. Git Branching
-
4. Git on the Server
- 4.1 Die Protokolle (The Protocols)
- 4.2 Git op 'n Bediener kry (Getting Git on a Server)
- 4.3 Jou Publieke SSH-sleutel Genereer (Generating Your SSH Public Key)
- 4.4 Die Bediener Opstel (Setting Up the Server)
- 4.5 Git Daemon
- 4.6 Slim HTTP (Smart HTTP)
- 4.7 GitWeb
- 4.8 GitLab
- 4.9 Derdeparty-gasheuroplossings (Third-Party Hosting Solutions)
- 4.10 Summary
-
5. Distributed Git
-
6. GitHub
-
7. Git Tools
- 7.1 Hersieningseleksie (Revision Selection)
- 7.2 Interaktiewe Voorbereiding (Interactive Staging)
- 7.3 Bêre en Skoonmaak (Stashing and Cleaning)
- 7.4 Ondertekening van Jou Werk (Signing Your Work)
- 7.5 Soek (Searching)
- 7.6 Herskryf van Geskiedenis (Rewriting History)
- 7.7 Reset Ontmystifiseer (Reset Demystified)
- 7.8 Gevorderde Saamsmelting (Advanced Merging)
- 7.9 Rerere
- 7.10 Ontfouting met Git (Debugging with Git)
- 7.11 Submodules
- 7.12 Bundeling (Bundling)
- 7.13 Vervang (Replace)
- 7.14 Die Stoor van Aanmeldbewyse (Credential Storage)
- 7.15 Summary
-
8. Customizing Git
-
9. Git and Other Systems
- 9.1 Git as a Client
- 9.2 Migrating to Git
- 9.3 Summary
-
10. Git Internals
2.7 Git Basics - Git-aliasse
Git-aliasse
Voordat ons aanbeweeg na die volgende hoofstuk, wil ons 'n funksie bekendstel wat jou Git-ervaring eenvoudiger, makliker en meer eie kan maak: aliasse. Ter wille van duidelikheid sal ons hulle nêrens anders in hierdie boek gebruik nie, maar as jy voortgaan om Git met enige gereeldheid te gebruik, is aliasse iets waarvan jy behoort te weet.
Git sal nie outomaties jou opdrag aflei as jy dit net gedeeltelik intik nie.
As jy niet die hele teks van elke Git-opdrag wil intik nie, kan jy maklik 'n alias vir elke opdrag opstel deur git config te gebruik.
Hier is 'n paar voorbeelde wat jy dalk sal wil opstel:
$ git config --global alias.co checkout
$ git config --global alias.br branch
$ git config --global alias.ci commit
$ git config --global alias.st status
Dit beteken dat jy, byvoorbeeld, in plaas van git commit te tik, net git ci hoef in te tik.
Soos jy voortgaan om Git te gebruik, sal jy waarskynlik ook ander opdragte gereeld begin gebruik; moet dus nie huiwer om nuwe aliasse te skep nie.
Hierdie tegniek kan ook baie nuttig wees om opdragte te skep wat jy dink behoort te bestaan. Byvoorbeeld, om die bruikbaarheidsprobleem wat jy ondervind het met die unstaging van 'n lêer reg te stel, kan jy jou eie unstage-alias by Git voeg:
$ git config --global alias.unstage 'reset HEAD --'
Dit maak die volgende twee opdragte gelykwaardig:
$ git unstage fileA
$ git reset HEAD -- fileA
Dit lyk 'n bietjie duideliker.
Dit is ook algemeen om 'n last-opdrag by te voeg, soos hierdie:
$ git config --global alias.last 'log -1 HEAD'
Op hierdie manier kan jy die laaste commit maklik sien:
$ git last
commit 66938dae3329c7aebe598c2246a8e6af90d04646
Author: Josh Goebel <dreamer3@example.com>
Date: Tue Aug 26 19:48:51 2008 +0800
Test for current head
Signed-off-by: Scott Chacon <schacon@example.com>
Soos jy kan sien, vervang Git eenvoudig die nuwe opdrag met dit waarvoor jy dit 'n alias gegee het.
Miskien wil jy egter 'n eksterne opdrag uitvoer, in plaas van 'n Git-subopdrag.
In daardie geval begin jy die opdrag met 'n ! karakter.
Dit is nuttig as jy jou eie nutsmiddels skryf wat met 'n Git-bewaarplek (repository) werk.
Ons kan dit demonstreer deur 'n alias vir git visual te maak sodat dit gitk uitvoer:
$ git config --global alias.visual '!gitk'